Local newsNewsNews

Absurde liefdesverhaal “1” debuteer vanjaar by Aardklop

Dié tong-in-die-kies-parodie plaas die oeroue tema van liefde en verganklikheid onder die soeklig, en plaas dit in ’n abstrakte ruimte

Momentum Beleggings Aardklop skop hierdie jaar af met ‘n splinternuwe debuutproduksie getiteld: 1.

Eendag, nie so lank gelede nie, was daar twee mense wat so lief was vir mekaar dat hulle oornag fisiek aan mekaar vasgegroei het. Met die “vassittery” word dié twee toe so gatvol vir mekaar dat hulle besluit om maar liewer te skei, maar watter een van dié twee sal dit oorleef?

Dié tong-in-die-kies-parodie plaas die oeroue tema van liefde en verganklikheid onder die soeklig, en plaas dit in ’n abstrakte ruimte wat strek van oneindigheid tot in die dae toe die Griekse god Zeus vir Plato geïnspireer het met die mite van die wieletjie-mense. Google gerus “Wheelie People”.

Is die mens bestem om sy ander helfte te vind, of is die kanse hiervan ’n onberekenbare, wiskundige formule van totale onmoontlikheid?

Cindy Swanepoel en Zak Hendrikz, die twee hoofkarakters in Aardklop 2023 se Debuutproduksie: 1.

1 is ‘n moderne, absurde liefdesverhaal geïnspireer deur dié mite, en gebruik die metafoor om te bevraagteken wat gebeur nadat jy jou ander helfte gevind het.

1 word opgevoer deur Cindy Swanepoel en Zak Hendrikz.

Teks: Henriëtta Gryffenberg

Regie en dramaturgie: Alby Michaels

Choreografie: Craig Morris

Stelontwerp:

Beligtingsontwerp: Nadine Minnaar

Kostuums: Nerine Pienaar.

Musiek: Coenraad Rall

Vervaardiger: Swan Dive Collective.

Die debuutproduksie is moontlik gemaak deur Momentum Beleggings Aardklop, KKNK, en NATi. Die debuutproduksie word ondersteun deur die KKNK Teksmark, en BASA.

Die Genre is tragikomedie, en word in Afrikaans opgevoer. Die debuutproduksie duur 70 minute. Daar is ‘n geen o.16 gradering op die debuutproduksie geplaas. Die debuutproduksie gaan in die Elgro Hotelsaal opgevoer word tydens die volgende datums en tye: 4 Okt 20:00, 5 Okt 9:30, 6 Okt 13:30, 7 Okt 18:00

Kaartjies beloop R 180 per persoon, en R 160 vir Aardklop Hartsvriende.

Kaartjieverkope is reeds oop.

Besoek die webblad by www,aardklop.co.za vir meer inligting en kry jou kaartjies by www.ticketpros.co.za

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button