Twee vermeende kabeldiewe in Wyk 5 vasgetrek

Mooirivier Beskerming, CB Security en AfriForum Buurtwag was op die toneel om die verdagtes te arresteer.

‘n Spanpoging tussen sekuriteitsmaatskappye het gesorg dat twee mans vir beweerde kabeldiefstal vroeg vanoggend (Donderdag, 22 Junie) vasgetrek kon word.

‘n Insident van kabeldiefstal is vanoggend omstreeks 02:36 op ‘n buurtwaggroep gerapporteer. Die mans is ook op sekuriteitskameras op die hoek van Sol Plaatjie en Chris Hanistraat vasgevang.

Mooirivier Beskerming, CB Security en AfriForum Buurtwag was op die toneel om een van die verdagtes te arresteer.

‘n Kort ruk daarna, ongeveer 02:46, is ‘n tweede verdagte ook op die beeldmateriaal vasgevang waarna hy ook gearresteer is.

Volgens Christiaan Haefele, bedryfsbestuurder van Mooirivier Beskerming, was dit ‘n goeie spanpoging om die verdagtes vas te trek.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version