Kabeldiefstal dreineer inwoners se krag en gemoedstoestand

Kabeldiefstal is nie ‘n nuwe tendens vir inwoners in Potchefstroom nie, maar die afgelope paar maande het inwoners van wyk 5 veral deurgeloop.

Kabeldiefstal is nie ‘n nuwe tendens vir inwoners in Potchefstroom nie, maar die afgelope paar maande het inwoners van wyk 5 veral deurgeloop.

Die Herald het alreeds in April vanjaar oor hierdie voorvalle berig maar tot op datum is daar nog nie vordering met hierdie dilemma gemaak nie.

Volgens Wyk 5 raadslid, Heinricha Hodgson, is daar sedert Januarie 2023 al 22 gevalle van kabeldiefstal aangemeld.

“20 van hierdie voorvalle het gedurende die afgelope twee maande in die omgewing van Chris Hani-, Sol Plaatjie-, Sylvia-, Rivier- en OR Tambostraat plaasgevind, wat inwoners vir tot 10 uur per dag sonder elektrisiteit gelos het,” vertel Hodgson.

Die DA het vasgestel dat nie een van hierdie voorvalle by die plaaslike SAPD aangemeld is vir ondersoek nie.

“’n Kenner het aangedui dat die kabeldiefstal sal voortduur solank koperkabels gebruik word. Kabels sal met aluminiumkabels vervang moet word om diefstal te voorkom,” verduidelik Hodgson.

Twee faktore het kabeldiefstal vergemaklik. Dit is voorsettende beurtkrag, sowel as die gebrek aan behoorlike straatbeligting. Misdadigers weet ook watter roetes gevolg moet word om vining uit die gebied te ontsnap.

Volgens Hodgson het die JB Marks Tegniese Dienste Departement aangedui straatligte herstel word wanneer die behoefte ontstaan.

“Ten spyte van gereelde aanmelding van foutiewe straatligte, word die straatligte egter nie op ‘n gereelde basis herstel nie.

Die DA veroordeel die munisipaliteit se onvermoë om ons inwoners te beskerm,” meen Hodgson.

Die DA ondersoek ook die moontlikheid om straatligte met sonkragbeligting in strategiese gebiede te vervang.

*Die Herald het die JB Marks munisipaliteit vir navrae genader, maar teen druktyd nie terugvoer ontvang nie.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version