Brief: Hoekom is bome in Hattinghstraat verwyder?

Witstinkhoutbome is verlede maand in Gabru- en Hattinghstraat afgesaag. Ek stap gereeld hier verby, en was geskok om te ontdek dat die bome net weg is.

Wat is volgende, die eikebome?

Witstinkhoutbome is verlede maand in Gabru- en Hattinghstraat afgesaag. Ek stap gereeld hier verby, en was geskok om te ontdek dat die bome net weg is.

Al die pragtige witstinkhoutbome op die sypaadjies aangrensend tot die Sunnyview meenthuiskompleks is tot op die grond afgesaag. Gabrustraat was voorheen ‘n laan, maar nou is dit ‘n kaal, onaantreklike straat.

12 witstinkhoutbome is in Gabrustraat afgesaag en agt in Hattinghstraat. Is die bome
nie dan op munisipale eiendom nie?

* Die Herald het die munisipaliteit vir kommentaar genader, maar kon teen druktyd nie
terugvoer kry nie.

 

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version