Gemeenskap vat hande om slaggate op Bult te vul

Gemeenskapslede en inwoners van die Heilige Akker en Oewersig in samewerking met die Cachet Park CID het ‘n groot gedeelte (ongeveer 100 vierkant ‘n meter) van Thabo Mbeki-rylaan verlede week geteer.

Vir ‘n lang tydperk moes motoriste daagliks talle slaggate op die besige Thabo Mbeki-rylaan op die Bult trotseer.
Sake het verder vererger in die aand, waar ‘n gebrek aan werkende straatligte dit moeilik gemaak het
om hierdie slaggate te sien.

Hierdie probleem is nou vir eers opgelos danksy die samewerking van die Cachet Park CID en die gemeenskap in die area wat fondse ingesamel het om self die slaggate te vul.

Kyk hier hoe word slaggate herstel. (Foto: Verskaf)

Gemeenskapslede en inwoners van die Heilige Akker en Oewersig in samewerking met die Cachet Park CID het ‘n groot gedeelte (ongeveer 100 vierkant ‘n meter) van Thabo
Mbeki-rylaan verlede week geteer.

Hierdie stuk straat strek vanaf die ingang van Oewersig tot by die verkeerslig op die hoek van Thabo
Mbeki-rylaan en Chief Albert Luthuli-rylaan.

“Oom Dirkie Venter se span het ons met hierdie projek gehelp. Dit was buite ons as CID se begroting maar met inwonersverenigingfondse en persoonlike borge wat finansiële bydraes gemaak het kon ons die projek ‘n realiteit te maak,” het Naude gesê.

Volgens Naude is munisipale funksies soos slaggate herstel buite Cachet Park CID se mandaat, maar
weens die feit dat dienste nie verskaf word nie, het die CID met projekte begin om die area op te knap.

“Ons het verlede maand ook slaggate herstel in Gerrit Dekker en Molenstraat saam met OppiKampus.
Almal het begin moed verloor, so dit bring positiwiteit terug. Samewerking is moontlik. As mens uitreik word dinge gedoen” vertel hy.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version