Bakkie bars oor fietsbrug

Fietsryers en stappers wat Vrydagoggend, 16 Junie, wat die fietsbrug in Lupinestraat as deel van hulle oefenroetine wou gebruik moes maar 'n ander pad kies. 

Fietsryers en stappers wat Vrydagoggend, 16 Junie, wat die fietsbrug in Lupinestraat as deel van hulle oefenroetine wou gebruik moes maar ‘n ander pad kies.

Volgens Jeanne Adriaanse, wyksraadslid in die area, het die bestuurder beheer verloor van die Bakkie waarna dit op die brug beland het.

“Die bestuurder van die voertuig het na die voorval, weggehardloop en buite sig van die kameras verdwyn en word gesoek. Ander areas, se kameras is en word ook gebruik vir die doel,” het Adriaanse in ‘n boodskap Vrydagoggend gesê.

 

Die polisie sowel as Mooirivier Beskerming was op die toneel gewees.

Dit is nog onbekend of die bestuurder intussen opgespoor is.

 

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version