Local newsNewsNews

Polisie arresteer paartjie vir onwettige besit van vuurwapen en ammunisie

Hierdie arrestasie hou moontlik verband met ‘n insident wat op Dinsdag, 6 Junie op die N12 gebeur het toe drie polisiebeamptes in ‘n motorongeluk dood is na hul polisiebakkie gerol het.

Die polisie het op Maandag, 12 Junie in Ikageng ‘n man (35) en sy meisie (35) vir die onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie in hegtenis geneem.

Hierdie arrestasie het plaasgevind slegs twee ure nadat polisie inligting van die gemeenskap ontvang het.

Die inligting wat ontvang is, is geoperasionaliseer deur Klerksdorp Tactical Response Team (TRT)-lede wat die paartjie op Maandagaand gearresteer het.

Hierdie arrestasie hou moontlik verband met ‘n insident wat op Dinsdag, 6 Junie op die N12
gebeur het toe drie polisiebeamptes in ‘n motorongeluk dood is na hul polisiebakkie gerol het.

Tydens hierdie ongeluk het ‘n polisievuurwapen op die ongelukstoneel vermis geraak en ‘n saak van diefstal is geregistreer.

“Hulle sal op Donderdag, 15 Junie 2023 in die Potchefstroomse landdroshof verskyn vir die
onwettige besit van die vuurwapen en ammunisie,” het NW polisiewoordvoerder, kol. Adele
Myburgh, bevestig.

Die vuurwapen en ammunisie wat die polisie beslag op gelê het. Foto: Verskaf.

“Polisiebestuur wil weereens hul innige meegevoel betuig met die familie, vriende en kollegas van wyle konstabel Ngwako Ronaldo Mohlopi (30), konstabel Sakhiwe Albert Mnende (33) en konstabel Mmamatlhomola Maria Mokoena (34), en die lid van die
gemeenskap bedank wat na vore gekom het met inligting wat gelei het tot die herwinning van die
vuurwapen en arrestasie van die verdagtes,” noem Myburgh.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button