Rou riool in Mooirivier gevind

Na 'n ondersoek van Potchefstroom se AfriForum-tak rondom die teenwoordigheid van cholera in riviere en spruite van die dorp, is daar vasgestel dat E.coli en fekale kolivorme, wel teenwoordig is. 

Na ‘n ondersoek van Potchefstroom se AfriForum-tak rondom die teenwoordigheid van cholera in riviere en spruite van die dorp, is daar vasgestel dat E.coli en fekale kolivorme, wel teenwoordig is.

Daar is op op Donderdag, 8 Junie watermonsters geneem om vas te stel of daar nie cholera teenwoordig is in die spruite en riviere van die dorp nie.

Hoewel die tekens van cholera negatief is, soos die J.B. Marks munisipaliteit ook verlede week bevestig het, is daar by drie verskillende plekke monsters geneem en by ‘n geakkrediteerde laboratorium getoets. By al drie plekke (Chris Hanistraat – waar ontdek is dat daar ’n pyp is wat rou riool direk in die spruit inpomp, Mooirivier wat onder deur die Mooirivier-winkelsentrum vloei en by Gimmies se Gat), is daar rou riool in die rivier gevind.

Daar is E.Coli in die water van spruite en die van die Mooirivier op drie afsonderlike plekke gevind.

“Ons maan inwoners van Potchefstroom aan om nie water uit die rivier te gebruik nie en as dit noodsaaklik is, moet die water eers gekook word. Inwoners moet ook nie in die water swem nie. Verder is dit raadsaam om diere weg te hou van die rivier en spruite af,” sê Alta Pretorius, distrikskoördineerder vir die Mooirivier.

Die Potchefstroom-tak sal met die J.B. Marks Plaaslike Munisipaliteit in gesprek tree, veral oor die doelbewuste storting by Bothastraat.

“Die swak bestuur en onbevoegdheid van munisipaliteite is nou vinnig besig om hulle in te haal. Dit is egter hartverskeurend dat ons waterbronne, waarsonder nie mens of dier kan klaarkom nie, in die proses so besoedel word,” sê Pretorius.

 

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version