Local newsNewsNews

Huis Hebron benodig items vir hulle komende veiling

"Mense kan hul meubels, tuintoerusting, klere, breekware of enige iets wat hul nie meer gebruik op veiling sit. Privaatinskrywings word ook verwelkom."

Huis Hebron gaan op Donderdag, 15 Junie vir die doeleindes van die sonkrag-fondsinsameling, ‘n spesiale veiling op Huis Hebron se perseel, ongeveer 15km buite Potchefstroom op die R54, aanbied.

Hierdie veiling sal om 11:00 begin. Marius Terblanche, ‘n goeie vriend, verteenwoordiger
en donateur vir Hebron, sal die afslaer by die veiling wees.

Terblanche noem dat privaatinskrywings en enige skenkings ook verwelkom word.

“Mense kan hul meubels, tuintoerusting, klere, breekware of enige iets wat hul nie meer gebruik op veiling sit. Ons vat net kommissie,” verduidelik Terblanche.

Vir meer inligting kontak Marius Terblanche by  083 292 7762.

 

Related Articles

 
Back to top button