Local newsNewsNews

Amelia Nasorgsentrum benodig finansiële verligting

Die geldelike nood by Amelia Nasorgsentrum is vir die afgelope drie jaar groot, maar vanjaar gaan sake veral moeilik aangesien daar nog nie met die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling in Noordwes ‘n diensleweringsooreenkoms geteken is nie.

Amelia Nasorgsentrum is vir die afgelope 47 jaar ‘n tuiste vir volwassenes met intellektuele gestremdhede in Potchefstroom.

Finansiële beperkinge dreig wel om hierdie tuiste vir honderde inwoners in die knyp te los as daar nie dringend hulp gebied word nie.

Die geldelike nood by Amelia Nasorgsentrum is vir die afgelope drie jaar groot, maar vanjaar gaan sake veral moeilik aangesien daar nog nie met die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling in Noordwes ‘n diensleweringsooreenkoms geteken is nie.

Amelia het tans 125 inwoners waarvan baie van staatsubsidies afhanklik is. Daar is ook vir die afgelope agt jaar geen verhoging op hierdie subsidies nie, terwyl inflasie jaarliks die dak inskiet.

Volgens die bestuurder van Amelia Nasorgsentrum, Hannelie Steyn, sou hierdie ooreenkoms reeds met die finansiële nood gehelp het aan die begin van April vanjaar toe die nuwe finansiële jaar begin het.

“Ons hoofbron van inkomste is die staatsubsidie, Sassa-gelde sowel as die bydraes van ouers. Uitgawes sluit in munisipale dienste, voedselaankope, onderhoud sowel as personeel se salarisse. Ons bedryf tans die sentrum teen ‘n verlies en ons het die gemeenskap se hulp nodig,” noem sy.

Hannelie Steyn, bestuurder van Amelia Nasorgsentrum, noem dat daar tans ‘n groot finansiele nood is en benodig die gemeenskap se bystand om vir hul 125 inwoners se behoeftes te kan sorg.

Steyn vertel ook dat die bestuur alles in hulle mag probeer om hulle inwoners te kan bystaan, maar sonder genoeg finansies is hulle hande afgekap.

“Baie van ons beleggings is uitgeput. Ons het ook nie die fondse om ons geboue ordentlik te onderhou nie. Om ook kos vir al ons inwoners daagliks te voorsien raak ook moeilik. Ons gee die inwoners drie etes per dag, met middagete wat die grootste maaltyd is. Amelia Nasorgsentrum verskaf vir die inwoners ‘n plek waar hulle hulself kan uitleef met sport, sosiale aktiwiteite (dans en sokkies) en werk in die werkswinkel. Steyn vertel dat inwoners nie kan wag om terug te keer na vakansies nie, juis omdat hulle dit so baie by Amelia geniet.

“Ons harte lê by ons inwoners en sonder Amelia Nasorgsentrum weet ek nie wie na hul sal omsien nie,” vertel sy. Steyn vertel hoe dankbaar sy is vir die Potchefstroomse gemeenskap se ruim harte en oop hande.

Amelia se projekte vanjaar sluit onder meer ‘n mandjieprojek waar die gemeenskap pryse kan wen, ‘n R1-projek, sowel as ‘n Biltongfees in Augustus.

“Ons probeer van ons kant af om aksies en fondsinsameling te reël om fondse te genereer. ‘n Basaar is aangebied waar die opkoms baie goed was. Ons waardeer die gemeenskap se ondersteuning met al ons projekte,” beaam sy.

Die gemeenskap kan Amelia Nasorgsentrum ondersteun deur na die verskillende projekte op hulle Facebookblad te gaan kyk, sowel as om ‘n donasie na die volgende rekening te stuur:

Bank: Absa

Takkode: 632005

Rekeningnaam: Amelia Nasorgsentrum

Rekeningnommer: 680960283

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button