Huis Hebron hou veiling vir sonkragprojek

Huis Hebron gaan op Donderdag, 15 Junie vir die doeleindes van die sonkrag-fondsinsameling, ‘n spesiale veiling op Huis Hebron se perseel aanbied.

Huis Hebron pak vanjaar een van hulle grootste projekte aan om ‘n geintegreerde sonkragstelsel aan te skaf.

Vir hierdie reuse projek om grond te vat, is daar fondse nodig aangesien sonkragpanele duur is en die hele projek ongeveer hierdie nie-winsgewinde organisasie ‘n miljoen rand sal kos.

Huis Hebron gaan op Donderdag, 15 Junie vir die doeleindes van die sonkrag-fondsinsameling, ‘n spesiale veiling op Huis Hebron se perseel, ongeveer 15km buite Potchefstroom op die R54, aanbied.

Hierdie veiling sal om 11:00 begin. Marius Terblanche, ‘n goeie vriend, verteenwoordiger
en donateur vir Hebron, sal die afslaer by die veiling wees.

Vir hierdie veiling versoek Huis Hebron die gemeenskap om enige items te skenk of te verkoop.

Huis Hebron beplan om op Donderdag, 15 Junie ‘n veiling aan te bied om fondse vir hulle sonkragprojek in te samel.

Volgens Elma le Roux, bestuurder van Huis Hebron, is die plan met die sonkragprojek om dit in fases uit te brei.

“Een van die belangrikste dele wat tans sonkrag benodig is die kombuisarea met al die yskaste. Die doel met sonkrag is om oor die langtermyn meer te kan spaar,” noem sy.

Sy vertel ook dat daar op dieselfde dag ook ‘n markdag sal plaasvind, waar van Huis Hebron se tuisgekweekte groente verkoop sal word.

“Dit behoort ‘n baie lekker dag te wees en ons glo die gemeenskap sal die veiling kom ondersteun en ons projek ‘n hupstoot gee,” sê sy.

Volgens Gerhard Rivers, huisvader en terreinleier, benodig Hebron ook komberse, sowel as mediese toerusting vir die inwoners en enige hulp vanuit die gemeenskap sal opreg waardeer word.

Vir meer inligting oor die veiling en hoe om items vir Huis Hebron te verskaf kontak Elma le Roux by 082 555 1145.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version