Twee kinders, onderskeidelik 6 en 8, sowel as ‘n man (49) het gisteraand (Vrydag, 26 Mei) geringe beserings in ‘n motorongeluk op die hoek van MC Roode-rylaan en die R501 (Carletonvillepad) opgedoen.
Daar was drie voertuie in die ongeluk betrokke wat omstreeks 21:15 plaasgevind het.
Die drie beseerdes was almal insittendes van ‘n bakkie wat omgeval het.
Volgens ‘n ooggetuie wat deel van die ongeluk was, het die bestuurder van die bakkie teen ‘n hoë snelheid motors verbygesteek en amper in aangekomende verkeer vasgejaag.
Die bakkie het daarna op die draai voor die T-aansluiting na die R501 teen die een motor (Ford Ecosport) se agterkant vasgery, voordat hy teen die linkerkant van die derde motor, ‘n Volkswagen T-Cross gery het. Die bakkie het daarna op sy regterkant omgeval.
Al drie pasiënte is na Potchefstroom MediClinic per ambulans vervoer.
ER24, provinsiale nooddienste, plaaslike brandweer en Mooirivier Beskerming First Responder was op die toneel.