Local newsNewsNews

Twee kinders en man in ongeluk beseer

Twee kinders, onderskeidelik 6 en 8, sowel as 'n man (49) het gisteraand (Vrydag, 26 Mei) geringe beserings in 'n motorongeluk op die hoek van MC Roode-rylaan en die R501 (Carletonvillepad) opgedoen.

Twee kinders, onderskeidelik 6 en 8, sowel as ‘n man (49) het gisteraand (Vrydag, 26 Mei) geringe beserings in ‘n motorongeluk op die hoek van MC Roode-rylaan en die R501 (Carletonvillepad) opgedoen.

Daar was drie voertuie in die ongeluk betrokke wat omstreeks 21:15 plaasgevind het.

Die drie beseerdes was almal insittendes van ‘n bakkie wat omgeval het.

Volgens ‘n ooggetuie wat deel van die ongeluk was, het die bestuurder van die bakkie teen ‘n hoë snelheid motors verbygesteek en amper in aangekomende verkeer vasgejaag.

Die bakkie het daarna op die draai voor die T-aansluiting na die R501 teen die een motor (Ford Ecosport) se agterkant vasgery, voordat hy teen die linkerkant van die derde motor, ‘n Volkswagen T-Cross gery het. Die bakkie het daarna op sy regterkant omgeval.

‘n Foto van waar die Volkswagen T-Cross getref is.

Al drie pasiënte is na Potchefstroom MediClinic per ambulans vervoer.

ER24, provinsiale nooddienste, plaaslike brandweer en Mooirivier Beskerming First Responder was op die toneel.

 

Related Articles

 
Back to top button