Local newsNewsNews

Skole in Bailliepark vul slaggate

E.S. le Grangeskool sowel as Woel en Werskaf Kleuterskool het onlangs self die inisiatief geneem om slaggate voor hulle voorstoep te vul.

E.S. le Grangeskool sowel as Woel en Werskaf Kleuterskool het onlangs self die inisiatief geneem om slaggate voor hulle voorstoep te vul.
In Bailliepark waar hierdie twee skole geleë is, is slaggate al vir die afgelope ruk ‘n groot probleem vir inwoners.
E.S. le Grange het ‘n privaat kontrakteur gehuur om die slaggate in Richardsonstraat te herstel en sodoende die veiligheid van motoriste in hierdie besige straat te verbeter.
In dieselfde asem het Woel en Weskaf Kleuterskool in Rocherstraat ook slaggate met die bystand van Opstal Gastehuis, herstel.
Die Bailliepark Gemeenskapsprojek moedig besighede en inwoners aan om verder hierdie skole se voorbeeld te volg en ‘n bydrae te lewer tot die herstel van slaggate in die gemeenskap.

Related Articles

 
Back to top button