Pitbull-aanval: Eienaars binnekort in hof na huishulp verskeur is

Die eienaars van die drie pitbull-honde wat hul huiswerker, Dipuo Kokolosi, verskeur het, sal op Dinsdag, 6 Junie in die Potchefstroom landdroshof verskyn op die aanklag van die aanhou van gevaarlike diere.

Na ongeveer ‘n jaar en ‘n half sal die eienaars van die drie pitbull-honde wat hul huiswerker, Dipuo Kokolosi, verskeur het, op Dinsdag, 6 Junie in die Potchefstroom landdroshof verskyn op die aanklag van die aanhou van gevaarlike diere.

Die eienaar va ndie honde en heel moontlik haar lewensmaat moet op die bogenoemde datum in die hof verskyn.

Dipuo Kokolosi (links) en haar dogter, Patricia Modise, voor Kokolosi aangeval is.

Volgens NW polisiewoorvoerder, kol. Adele Myburgh, het die polisie die dossier gister (Woensdag, 10 Mei) by die hof teruggekry met die opdrag om die eienaars te vervolg en ook die klaers in kennis te stel.

“Die eienaars van die honde sal gewaarsku word om in die hof te verskyn op aanklag vir die aanhou van gevaarlike honde,” noem sy.

Dipuo Kokolosi (48) se voorkoms het onherroeplik verander na drie pitbulls haar in Januarie 2022 aangeval het.

Kokolosi is op Dinsdag, 25 Januarie 2022, is by die eienaar se huis deur drie pitbull-honde aangeval. Die honde het haar neus, lip, en oorskulpe afgeruk en ook ander dele van haar liggaam gebyt.

Twee buurmanne, Ziggy Abdullah en Dustin Wetdewich het haar op daardie oggend te hulp gesnel. Abdullah het die honde op die toneel uit selfverdediging doodgeskiet.

Dipuo Kokolosi ongeveer ‘n maand na die voorval waar sy behandeling in die hospitaal ontvang het.

Sedert die voorval is Kokolosi se lewe onherropelik verander nadat sy weens die byt-voorval erg geskend is.

Die Herald het in Januarie 2023 met Kokolisi ‘n onderhoud gevoer waar sy genoem het, dat sy na talle operasies weer bietjie kan praat. Sy moet ook weer komende maand vir verdere rekonstruktiewe operasies aan haar neus en bolip gaan in Junie vanjaar.

“My lewe is vernietig. Ek glo nie iemand sal my as ‘n huishulp in diens wil neem nie, want hulle sal bang wees vir hoe ek lyk. Dit het selfs my familie ‘n rukkie geneem om gewoond te raak aan die ‘nuwe ek’,” “Al wat ek wil hê, is geregtigheid vir wat met my gebeur het,” het sy in Januarie vanjaar gesê.

Malan Schutte, die honde eienaar se prokureur, het by navraag bevestig dat haar pitbull-honde op die dag van die voorval agter ‘n sekuriteitshek toegemaak was.

 

 

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version