Local newsNewsNews

Baillies vier Wêreldboekdag op prettige wyse

Vir drie dae kon die kinders en ouers inkopies doen in Baillies se skoolsaal.

Laerskool Baillie Park se leerders het op Vrydag, 21 April die belangrikheid van lees en boeke in die moedertaal op kreatiewe wyse gevier.

Hulle het aangetrek soos Disney storieboekkarakters, terwyl daar ook ‘n boekuitstalling in die skoolsaal gehou is om Wêreldboekdag te vier.

Vir drie dae kon die kinders en ouers inkopies doen in Baillies se skoolsaal. Bekende uitgewers soos NB Uitgewers, Lapa en Fantasi se boeke is beskikbaar gestel. Die leerlinge het ‘n vrywillige bydrae gemaak om hulle kostuums te wys en die fondse sal aangewend word om nuwe boeke vir die Mediasentrum aan te koop. Daar was natuurlik ook pryse vir die leerlinge met die meeste inisiatief. Dit was ‘n heerlike prettige dag waarin al die leerlinge, en selfs die onderwysers deel gehad het.

Op 23 April 1995 is die eerste Wêreldboekdag gehou. Die dag word gevier ter bewusmaking van die belangrikheid van lees en boeke in die moedertaal. Lees het ‘n enorme effek op kinderontwikkeling en die ontwikkel taalvaardighede, begrip, kritiese denke en wakker ook die verbeelding aan.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button