Local newsNewsNews

Cachet Park CID en Community in Blue vat hande om misdaad te stuit

Johan Naude, Cachet Park CID bestuurder, noem dat hierdie inisiatief gaan help om misdaad te voorkom aangesien daar nou meer oë en ore op grondvlak sal wees.

Cachet Park CID het nou ekstra mannekrag gekry met die SAPD se Community in Blue-inisiatief wat nou ook in die Cachet Park/Bult area sal patroleer.

Tesame met Mooirivier Beskerming se wagte, reaksievoertuie en mediese nooddienste beloof dit om ‘n vrugbare en doetreffende samewerkingsooreenkoms te wees.

Johan Naude, Cachet Park CID bestuurder, noem dat hierdie inisiatief gaan help om misdaad te voorkom aangesien daar nou meer oë en ore op grondvlak sal wees.

Die doel van die Community In Blue-groep is dat hulle die area sal patroleer en enige verdagte gebeure sal rapporteer en nie hand in eie reg neem nie, aangesien hulle nie gewapen is nie.

“Die Community in Blue het al ‘n goeie reputasie opgebou. Ons wil net alles wat hier gebeur op die regte manier hanteer. Mooirivier Beskerming is deel van die projek ook en dit gaan oor samewerking tussen al die partye,” noem hy.

“Dit gaan daaroor om inligting in te win en meer insidente te rapporteer sodat daar ‘n sterkter saak gemaak kan word en die misdadigers agter tralies kan kry,” meen Naude.

Volgens Naude is daar besluit om die SAPS se Community in Blue-inisitief te betrek nadat misdaad toenemend in die sentrale sakekern afgeneem het.

“Die kameras is baie effektief, maar dit is ook beperk. Ons het een reaksievoertuig en een wag en hulle kan nie orals op alle tye wees nie. Die belangrikste is die voorkoming van misdaad en misdadigers uit die Cachet Park/Bult area te hou.”

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button