CommunityNewsNews

Potchefstroom Dienssentrum vir Bejaardes het vanjaar 28ste Sprankeltee

Saterdag, 15 April was dit Potchefstroom Dienssentrum vir Bejaardes se 28ste Sprankeltee in die Madiba Banketsaal.

Saterdag, 15 April was dit Potchefstroom Dienssentrum vir Bejaardes se 28ste Sprankeltee in die Madiba Banketsaal. Dit was een van die Dienssentrum se hoogtepunte van die jaar.

Die eerste Sprankeltee was in 1993, met 38 gasvroue en 420 gaste. Hierdie jaar was daar 58 gasvroue en 660 gaste.

Oor die 28 jaar het 650 gasvroue gehelp om die besonderse oggend ‘n susksesvolle en stylvolle geleentheid te maak. Elsabé Aldrich, ‘n pretprater, het ‘n ongelooflike aanbieding gelewer. Nadat die lagspiere goed gewerk het, het Anza en Matt Stern ‘n musiekprogram aangebied wat ons laat huil, dans en laat saamsing het.

Christa van der Walt, ‘n gas by die geleentheid, sê: “Vir hierdie geleentheid het ons lank en met afwagting gewag. Dit was toe pret-tig en betowerend. Die Dienssentrum en die gasvroue het met hul kreatiwiteit die banketsaal eer aan gedoen.”Toekenings is gegee aan twee gasvroue, Lenore Botha en Judith Jacobs, wat al 10 jaar as gasvroue deel is van die Sprankeltee en ‘n 20 jaar-toekenning is gegee aan Joey Peens wat die taf-elversierings vir die tydperk doen.

Die dienssentrum spreek hul dank en waardering teenoor die borge, gemeenskap en gaste uit. Almal se betrokkenheid en gebede het by gedra om van die Sprankelt-ee ‘n sukses te maak. Die gaste sien met verwag-ting uit na 2024 se Sprankeltee.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button