Local newsNewsNews

Volkie akteur dring deur na Nasionale Toneelspelkompetisie in die Kaap

Slegs die top-32 leerders landswyd word as finaliste genooi.

Die talentvolle Volkie-toneelspeler, Hanno van Zyl, woeker behoorlik en het beoordelaars laat regop sit by die 2023 Nasionale Toneelspelkompetisie uitdunne in Pretoria.

Sodoende dring hy deur na die Nasionale Toneelspelkompetisie wat in Somerset-Wes by the Playhouse Theatre vanaf 22-24 Mei vanjaar aangebied word.

Slegs die top-32 leerders landswyd word as finaliste genooi. Die kompetisie in die Kaap sal uit drie rondtes bestaan waar verskeie aspekte van die akteurs beoordeel sal word wat prosateks, gedig, monoloog wen improvisasie insluit. Daar sal ook ‘n werkswinkel wees wat die gesoute SA akteur, Kaz McFadden (Villa Rosa, 7de Laan, Strikdas, Pandjieswinkelstrories, Erfsondes).

Hierdie kompetisie stel die beste hoërskool toneelspeltalent in Suid-Afrika ten toon, waar daar groot pryse op die spel is. Die doel van die kompetisie is om soveel moontlik leerders en skole in Suid-Afrika en Namibië te betrek. Daar is groot pryse op die spel en selfs beurse kan gewen word.

 

Hanno van Zyl het deurgedring na die 2023 Nasionale Toneelkompetisie se finale rondte in die Kaap in Mei. Foto: Volkies Potch.

Dit is die tweede keer wat Hanno na hierdie nasionale toneelkompetisie deurdring. Volkies se toneelafrigters, Juf. Esmé Oosthuizen en Mej. Feriska van der Merwe rig vir Hanno af.

Feriska is ook ‘n oud-Volkie wat self ‘n finalis by die bogenoemde kompetisie was.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button