Local newsNewsNews

Onderwys is in Zerwick-gesin se bloed

Henrico is die jongste lid van die gesin om’n onderwyskwalifikasie te ontvang en nou is al vier lede in die gesin onderwysers. 

Een gesin bestaan nou almal uit onderwysers nadat Johan en Madelaine Zerwick se jongste seun, Henrico ook sy B.Ed onderwysgraad op Dinsdag, 11 April ontvang het. So volg Henrico in sy ouer broer, Wickus, en sy ouers se voetspore.

Dit is ‘n besondere mylpaal vir die Zerwick-gesin van Potchefstroom. Henrico het sy graad aan die Noordwes-Universiteit voltooi.

Hy is die jongste lid van die gesin om’n onderwyskwalifikasie te ontvang en nou is al vier lede in die gesin onderwysers.  Pa Johan en Ma Madelaine het onderskeidelik in 1988 en 1990 hul Hoër Onderwys Diplomas aan die NWU verwerf.  Ouboet Wickus het sy nagraadse onderwyskwalifikasie in 2019 aan die Universiteit van Stellenbosch behaal.  Tans is Johan werksaam by die NWU en ook ‘n bekende wyksraadslid.

Madelaine is ‘n onderwyseres by Laerskool Baillie Park.  Wickus is ‘n Drama onderwyser by Hoërskool Belville in die Kaap en Henrico is ‘n Siviele Tegnologie onderwyser by Hoërskool Hans Strijdom in Naboomspruit. Henrico is ook ‘n kranige sportman en hy geniet dit om buite die klaskamer ‘n verskil te maak.  Wickus skryf sy eie kinderteaterproduksies en lewe ook sy talent en passie vir die kunste ten volle uit.

“Ons is baie trots op die feit dat beide ons seuns ook onderwysers is. Dit was ‘n groot verrassing toe albei te kenne gegee het hulle wil ook die beroep volg. Daar is mos maar min manne in die beroep. Dit laat mens se hart warm klop as jy hoor hoe jou seuns ‘n verskil maak in ander se lewens. Ons dank ons Hemelse Vader vir die twee pragtige jong mans,” noem Madelaine.

Die Zerwick-gesin. Van links is pa, Johan, ma, Madelaine, Henrico en Wickus.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button