Burgerlikes aspirant slaggatvullers

Skoliere wat Bert’s Bricks Primêre Skool bywoon, slaggate in die area oorkant die skool met sand, grond en klippe begin vul.

Gedurende die afgelope Desember skoolvakansie het skoliere wat Bert’s Bricks Primêre Skool bywoon, slaggate in die area oorkant die skool met sand, grond en klippe begin vul. Die pad het vir ‘n geruime tyd onderhoud nodig gehad, maar die swaar reën en vragmotors wat die pad gebruik het, het die toestande van die slaggate vererger. Johan Zerwick, raadslid van wyk 4 in Potchefstroom is van mening dat die grond en klippe wat in die gate gegooi word ‘n baie welkome redding vir baie mense teen skade van wielvellings en bande is. Ná die begin van die nuwe skooljaar is die skoliere vervang deur manne wat die slaggate in die pad wat na die Abraham Kriel-kinderhuis lei, asook die area oorkant Bert’s Bricks Primêr, opvul.

Onlangs is verdere slaggate in Viljoenstraat, asook in Chris Hani rylaan met grond opgevul. “As ons al die gate in die dorp vol grond kan kry sal dit ons baie skade spaar, maar dit is egter ‘n baie tydelike oplossing vir die slaggat probleme aangesien dit gou weer uittrap of uitspoel sodra dit reën.” Zerwick sê verder dat hyself al sand in slaggate gegooi het om wielvelling te voorkom. Sy seun, Henrico Zerwick, het onlangs ‘n band asook die wielvelling van sy Ford Fiesta op die manier afgeskryf.

Henrico Zerwickhet Onlangs ‘n band asook die wielvelling van sy Ford Fiesta afgeskryf in ‘n slaggate. Foto: Johan Zerwick.

 

Verskeie motoriste het genoem dat die opvul van slaggate deur mense in die gemeenskap positief ontvang word. Verder het Potchefstromers gesê dat alhoewel die grond net ‘n tydelike oplossing is, dit die pad veiliger maak vir motoriste, siende dat bestuurders nie onverwag hoef uit te swaai vir slaggate, en voertuie word nie konstant deur slaggate beskadig nie. “Dit is baie innoverend want ek het nou al gesien dat dit by Tuscany/ MC Roode gebeur, in Chris Hanirylaan, en in Sarafi nastraat in Ikageng,” sê Zerwick.

“Alhoewel ek weet dit is tydelik, help dit darem om ‘n brood te kan koop en om jou skade te spaar.”

Verder noem Zerwick dat die opvul van slaggate met grond en klippe meer moeite veroorsaak vir munisipale werkers wanneer hulle herstelwerk doen, maar dat dit nie skade aan die pad aanrig nie, aangesien die herstelwerk van slaggate behels dat dit verder oopgebreek word, en die grond deeglik gekompakteer word.

Volgens Jeannette Tshite, munisipale woordvoerder, is die munisipaliteit nie bewus van sulke aktiwiteite wat deur burgerlikes uitgevoer word nie. “Ons plaas dit op rekord dat dit baie onveilig asook onwettig is om sulke aktiwiteite uit te voer. “Ons sal egter uitkyk hiervoor, die aktiwiteite stop en aan die owerhede rapporteer. Met betrekking tot die regmaak van slaggate is die munisipaliteit tans besig met ‘n deurlopende program. Die program het in die Bult-area begin en ‘n bietjie bykomende werk is by Danielstraat in Promosa gedoen. Die Noordwes Provinsiale Departement van Openbare Werke en Paaie het onderneem om die J.B Marks Munisipaliteit by te staan met die nodige hulpbronne,” het Tshite gesê.

 

 

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version