Na ‘n naweek van swaar reënval was daar verskeie gevalle waar gelokaliseerde vloedtoestande naby Potchefstroom en in die rigting van Parys plaasgevind het.
ER24 nooddienste, polisieduikers en alle relevante owerhede was op verskeie tonele vandag (Sondag, 19 Februarie) waar die watervlakke ‘n gevaar ingehou het.
Teen ongeveer 16:00 vanmiddag was ‘n gedeelte van die Paryspad (R53) oorstroom, net verby Kleinplaas Pype.
Teen 21:00 is daar steeds water wat oor die pad stroom. Daar is ook waarskuwingsborde geplaas.
Motoriste is ook gevra om eerder alternatiewe roetes te gebruik.
You can read the full story on our App. Download it here.