Local newsNewsNews

Munisipaliteit bestee R83.7 miljoen aan oortydbetalings

"Die gebrek aan sisteme om hierdie enorme uitgawes te bestuur is onaanvaarbaar en dis nog meer onaanvaarbaar dat inwoners van die stad hiervoor moet opdok."

Die JB Marks Munisipaliteit het in die afgelope finansiële jaar R83,7 miljoen aan oortydbetalings spandeer.

In ‘n verslag wat die afgelope maand voor die raad gedien het, word daar verskillende onthullings gemaak rondom die betaling van oortyd vir die afgelope 36 maande, sowel as die redes waarom oortydbetaling nie gekontroleer en beheer word nie.

Volgens die verslag is die volgende hoeveelheid miljoen rande vir oortyd betaal.

Die Herald het hierdie verslag onder oë gehad, waar die DA raadslid, Hans-Jurie Moolman, se vrae oor oortydbetalings deur die administrasie van die munisipaliteit beantwoord word.

In Junie 2022 is daar R 8,6 miljoen aan oortyd betaal, wat drie keer soveel is as wat in ander redelike maande betaal was. Om dit in perspektief te sit is daar net R3.2 miljoen in Junie 2020 uitbetaal.

Volgens Moolman val alle betalings wat meer is as wat wetlik toegelaat word onder die vaandel van onreëlmatige uitgawes wat in stryd met wetgewing aangegaan is. In antwoord op Moolman se vraag rakende onwettige oortydbetalings, is daar beantwoord dat daar geen dissiplinêre stappe of kriminele klagte teen enige direkteurs of toesighouers gelê is nie.

Volgens JB Marks Munisipaliteit is daar nie ‘n amptelike sisteem vir die hantering van oortyd nie.

Moolman is ook van die opinie dat dit ongewoon is dat werkers oortydbetaling eis as hulle ook nie gereedskap het om die werk te doen nie.

Hans-Jurie Moolman noem dat daar verskeie aspekte is waar oortydbetalings belastingbetalers in die sak ruk.
  • Munisipale woordvoerder, Jeanette Tshite, het bevestig dat die oortyd betalings meer as R80 miljoen beloop het. Volgens haar moet oortyd betalings beter bestuur word.

“Daar sal nou stappe geneem word om oormatige oortyd te beperk.”

Related Articles

Back to top button