NewsNews

VIDEO: Muishond kom kuier in Potchefstromer se erf

Danksy die hulp van Potchefstroom Animal Welfare Society (PAWS) kon hierdie ongewone gas gevang word.

Dit is nie elke dag dat ‘n mens ‘n kommetjiegatmuishond in jou erf kry nie.

Danksy die hulp van Potchefstroom Animal Welfare Society (PAWS) kon hierdie ongewone gas gevang word. PAWS het toe hierdie muishond na Rene Griffon se dierereservaat gestuur om in die natuur gerehabiliteer te word.

Die bekende Potchefstromer, Bertus le Roux, het gisteroggend rondom 04:00 ‘n vreemde skril skreeugeluid in hulle erf in Bailliepark gehoor.

“Ons twee Jack Russels was baie ontsteld, maar ons kon nie agterkom wat die geluid gemaak het nie. Toe ons vanmiddag na ‘n familie-kuier tuis kom, het ek ‘n vreemde dier agter ons tuinhuisie opgemerk en dadelik Darren Kruger van PAWS gekontak vir hulp,” vertel Le Roux.

Foto’s: Bertus le Roux

Volgens Le Roux het Kruger vermoed dat dit ‘n tipe muishond is en het toe hulp uitgestuur.

“Binne 10 minute het sy PAWS-kollega Michael, met ‘n vangtou, opgedaag en met sy eerste poging die aggresiewe diertjie gevang en in ‘n hok geplaas. Sy slagtande en naels was besonders skerp en ek dink my honde sou sleg tweede gekom het!,” meen Le Roux.

Hy is baie dankbaar vir PAWS se vinnige reaksie en doen Potchefstroom bevoorreg is dat hulle altyd daar is om te help.

Interessante feite oor kommetjiegatmuishonde:

Hierdie tipe muishond met ‘n algehele lengte van 0,8-1,0 m en ‘n gewig van tussen 2,5 en 4,2 kg. Liggaamskleur wissel van amper swart tot roesbruin, maar dit is gewoonlik donkerbruin.

Hulle habitat is hoofsaaklik riviere, strome, vleie, moerasse, damme en riviermondings. Hulle kan egter ‘n ent weg van water af beweeg op soek na kos. Die rusplekke sluit dikwels rotsagtige gebiede in strome of naby damme in.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button