Local newsNewsNews

Waterkrisis: Beurtkrag belemmer steeds watervoorsiening

JB Marks se munisipale bestuurder, mnr. Sandile Tyatya, was vandag by beide die Vyfhoek opgaartenks en die suiweringswerke vir 'n terplaatse ondersoek.

Die gebrek aan water duur voort in gedeeltes van Potchefstroom wat van die Vyfhoek en Ikageng reservoir afhanklik is.

Daar is vandag op spesifieke punte ses watertenkwaens geplaas om aan hierdie dringende nood aandag te gee.

Een van die watertenks wat vandag by Bailliepark Spar gestasioneer was.

Die JB Marks Munisipaliteit het gister (Vrydag, 30 September) in ‘n mediaverklaring genoem dat voortdurende kragonderbrekings dit steeds moeilik maak om die reservoirs te vul, aangesien die kragopwekkers nie ontwerp is om water vir lang ure teen volle kapasiteit te pomp nie.

“Gebiede wat water van die Ikageng-Wes-reservoir ontvang, soos dié rondom Ikageng en Ikageng Proper, sal steeds watertekorte ervaar as gevolg van die meganiese onklaarraking by die pompstasie waaroor inwoners alreeds ingelig is. Die ie JB Marks Plaaslike Munisipaliteit se tegniese span bly werk aan die oplossing van die probleem,” noem JB Marks woordvoerder, Jeanette Tshite.

Sy noem ook dat daar vanaf Maandag, 3 Oktober, meer watertrokke beskikbaar sal wees om met die waterkrisis te help.

“Raadslede en Wykskomiteelede help deur punte te identifiseer waar daar ‘n behoefte aan waterlewering is. Ons moedig inwoners dus aan om voort te gaan om met hulle saam te werk en te rapporteer waar daar ‘n behoefte aan watertenkwaens is,” voer Tshite verder.

Volgens DA wyksraadslid, Anné van Onselen, was daar wél 00:00 (vanoggend) beurtkrag by die watersuiweringsaanleg en ook weer om 08:00. Dit beteken dat Eskom nie byhul onderneming met die munisipaliteit gebly het om die pompstasie van beurtkrag te vergeld nie.

Dit bemoeilik die situasie aangesien die pomp van water dan van kragopwekkers afhanklik is.

Die VF Plus raadslid, Ian de Villiers, het ook genoem dat die JB Marks se munisipale bestuurder, mnr. Sandile Tyatya, vandag by beide die Vyfhoek opgaartenks en die suiweringswerke vir ‘n terplaatse ondersoek was.

“Mnr Tyatya het onderneem om opdrag te gee aan die Munisipaliteit se water span om onmiddellik elkeen van hierdie lekkasies te ondersoek. Die ingenieur van Korone Ingenieurs, wat die aanleg bestuur en die nuwe lyn bou, was ook teenwoordig. Ons watervoorraad in die Vyfhoek opgaartenks het gestyg van 3% teen 11:25, na 6% teen 13:22,” staaf De Villiers.

Water vloei tans in by die suiweringswerke met die 250mm soos verwag, maar die 450mm lyn vloei nie soos dit hoort nie. Dit is juis hierdie aspek wat deur die tegniese span ondersoek sal word.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button