Resensie: Uitmuntende punte vir Laerskool Noord

Wanneer drie uiteenlopende onderwyseresse 'n verrassingsafskeidspartytjie vir hul skoolhoof se aftrede beplan, word die personeelkamer van Laerskool Noord behoorlik op horings geneem met idees, opinies en realiteite wat die gehoor sal laat saamlag en ook 'n dieper gevoel van menslikheid ervaar. 

Wanneer drie uiteenlopende onderwyseresse ‘n verrassingsafskeidspartytjie vir hul skoolhoof se aftrede beplan, word die personeelkamer van Laerskool Noord behoorlik op horings geneem met idees, opinies en realiteite wat die gehoor sal laat saamlag en ook ‘n dieper gevoel van menslikheid ervaar.

Dit is juis hierdie menslikheid in elke onderwyseres se persoonlikheid wat van die komedie, Laerskool Noord, (geskryf deur Ilne Fourie) ‘n treffende sukses maak.

Laerskool Noord het gisteroggend (Vrydag, 30 September) sy buiging by Aardklop onder luide applous gemaak.

Bets (Marion Holm), Zelda (Margit Meyer-Rödenbeck) en Marietjie (Ilne Fourie) speel al drie briljante rolle wat verskeie fasette van menige onderwyseresse perfek uitbeeld. Bets is die dramatiese, deurmekaar onderhoof met ‘n liefde vir digkuns. Zelda is die teenoorgestelde – ‘n netballiefhebber met ‘n fluitjie wat jou pen-orent laat sit. Marietjie, die liefdevolle, energieke en sorglose graad 2 departementshoof wil net graag die beste partytjie onder die “sonnetjie” reel.  

Al sorg hierdie onderwyseresse vir verskeie komiese woordspelinge en pittige oomblikke weens hulle meningsverskille, is daar tog ‘n noue band tussen almal – dit is juis hier waar Laerskool Noord skitter en elke karakter ‘n belangrike stem gee. Karaktergroei vind plaas in die kookpot van die personeelkamer en dit als in die bestek van een beplanningssessie en vergadering!

Laerskool Noord is ‘n Aardklop produksie wat nie misgeloop kan word nie.

Die vraag op almal se lippe is wie die nuwe skoolhoof gaan word na Mnr Van der Wath (Neels Coetzee) uiteindelik aftree?

Mnr Van der Wath verskyn tydens ‘n Zoom-vergadering en na ‘n paar tegniese probleme sit sy teenwoordigheid die bal behoorlik aan die rol.

Die effektiewe gebruik van die hedendaage tegnologiese konteks is ook baie skerp uitgevoer en bring ‘n totale vernuwende aspek aan die konvensionale teateropvoering.

Die wisselwerking hier tussen Coetzee op die skerm en die onderwyseresse op die verhoog is beslis puik uitgevoer.

Laerskool Noord doen presies wat hulle leuse sê”- maak nie saak wat gebeur nie, hul stoot voort om vir die kyker met ‘n groot glimlag by die deur te laat uitstap.

Laerskool Noord (ouderdomsbeperking van 13) word nog twee keer by Aardklop in Potchefstroom by die Beeld Ouditorium op die NWU Potchefstroom kampus, opgevoer:

Saterdag, 1 Oktober om 15:00,

Sondag, 2 Oktober om 10:00

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version