Brand veroorsaak skade by huis in Bailliepark

Daar was gisteraand omstreeks 21:00 'n huisbrand in Richardsonstraat in Bailliepark.

Daar was gisteraand omstreeks 21:00 ‘n huisbrand in Richardsonstraat in Bailliepark.

Foto: Albert Jacobs

Volgens Mooirivier Beskerming was hulle, ER24 en die plaaslike brandweer op die toneel. Die brand is geblus en niemand is in die brand beseer nie.

Foto: Mooirivier Beskerming/Facebook

Dit is nog onduidelik wat die brand veroorsaak het en wat die presiese skade aan die huis is na die brand. Vlamme het die dak en dele van die huis verswelg.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version