NewsNews

Ferdie danser behaal vyfde plek by Wêreldkampioenskappe in Spanje

Daar was ook 65 lande by hierdie kampioenskappe teenwoordig, en is 'n bewys dat Mizelle beslis teen die top dansers deelgeneem het.

‘n Ferdie matrikulant, Mizelle Terre’Blanche het ‘n briljante vyfde plek by die Dans Wêreldkampioenskappe in San Sebastian, Spanje behaal. Hierdie vyfde plek was in die Jaaz-afdeling.

Daar was ook 65 lande by hierdie kampioenskappe teenwoordig, en is ‘n bewys dat Mizelle beslis teen die top dansers deelgeneem het.

Net voor Mizelle in Spanje deelgeneem het, het sy ook haar Pre-Elementry Moderne danseksamen gedoen. Terwyl sy in Spanje was het sy gehoor dat sy hierdie eksamen met 100% geslaag het. Sy het dan ook die AIDT Examiner Award ontvang vir haar uitstekende dansvernuf.

Hierdie kranige danser is deel van die Danceworx Unlimited-studio van Elirine Kotze in Vaalpark.

Haar mees onlangse prestasie is ‘n punt van 99% wat sy behaal het by die Talent Africa streekskompetisie en ook so gekwalifiseer het die hoogste punt vir die Nasionale kompetisie.

Mizelle Terre’Blanche het ‘n briljante uitslag in Spanje met haar dansvernuf behaal.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button