NewsNews

Voertuig brand uit paaie in Promosa versper

Gemeenskapslede, glo van Marikana en 'Extension' 4 naby Promosa, het gister (12 Julie) 'n lid van die 'Scorpions' gemeenskapsveiligheid groep se kar uitgebrand. 

Gemeenskapslede, glo van Marikana en ‘Extension’ 4 naby Promosa, het gister (12 Julie) ‘n lid van die ‘Scorpions’ gemeenskapsveiligheid groep se kar uitgebrand.

Vanoggend (13 Julie) het dié inwoners paaie in die area versper. Die polisie is tans op die toneel om die situasie te monitor.

Steve Williams, ‘n leier van die scorpions het in Facebook video verduidelik dat die Scorpions, gister inligting ontvang het dat daar mense is wat besig is om onwettige kragaansluitings te doen.

“Met die Scorpions aankoms het twee mense weg gehardloop. Ons het baie kabels gekonfiskeer,” het Williams op Facebook gesê.

Daarna het lede van glo Extension 4 en Marikana met lede van die Scorpions begin baklei.

“Ons was heeltemal oorweldig. My kar is uit ‘n erf uitgestoot en op ‘n brandende band gelos. In kort my kar het uitgebrand,” het Williams gesê.

Die protesaksie van vandag (13 Julie) blyk om ‘n voortsetting van gister se gebeure te wees.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button