NewsNews

Potchefstroom Land Care-komitee aangestel

Die hoofdoel van so ‘n komitee is eerstens om probleme wat die produksievermoë van natuurlike landbouhulpbronne, soos grond, plantegroei en water beïnvloed, te identifiseer en onder die aandag van die Departement van Landbou te bring.

‘n Land Care-komitee is in November 2021 op versoek van die Bewaria van die Vredefortkoepel in die NW Potchefstroom-area gestig. Die hoofdoel van so ‘n komitee is eerstens om probleme wat die produksievermoë van natuurlike landbouhulpbronne, soos grond, plantegroei en water beïnvloed, te identifiseer en onder die aandag van die Departement van Landbou te bring. Tweedens, om boere, gemeenskappe, organisasies en die publiek aan te moedig om betrokke te raak by inisiatiewe om natuurlike landbouhulpbronne se toestand te verbeter en dan in samewerking met die Departement van Landbou voorleggings te doen vir regeringshulp om probleme reg te stel.
Tydens die stigtingsvergadering is volgende boere aangestel as lede van die komitee:
1. Mike Erasmus van die Koepelbewaria
2. Shirley Engelbrecht ook van die Koepel
3. Kobedi Pilane en Buti Malinga. In die oostelike gedeelte van die distrik
4. Stephan Serfontein. Noordelike gedeelte
5. Leon Jacobs. Noordwestelike gedeelte
6. Johan Scheepers. Suidoostelike gedeelte
7. Piet Theron as voorsitter

Piet Theron, voorsitter van die Land Care komittee. Foto: Verskaf

Die komitee beoog om ‘n projekvoorlegging gedurende Augustus by die Departement van Landbou in te dien. Die beoogde projek sal ten doel hȇ om onkruiddoder aan boere te voorsien vir die bestryding van verklaarde onkruid en indringerplante, asook vir die beheer van bosverdigting. Hiervoor het die Land Care-komitee ‘n opnamevorm ontwikkel wat aanlyn beskikbaar is vir boere wat belangstel om deel te neem. Boere wat belangstel om hul natuurlik weiding teen agteruitgang, as gevolg van bosverdigting of indringerplante, wil beskerm word hiermee versoek om een van die bogenoemde lede van die Land Care-komitee te kontak, om meer inligting te bekom.
Alternatiewelik kan die voorsitter van die komitee, Piet Theron, by 083 460 9190 gekontak word.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button