Slaggat in Kampstraat ‘n veiligheidsrisiko

Die waterlek het ‘n groot slaggat in die pad gemaak wat nie maklik sigbaar is nie.

‘n Waterlek in Kampstraat veroorsaak al vir die afgelope twee jaar ‘n groot veiligheidsrisiko vir inwoners en motoriste wat die pad gebruik.
Die waterlek het ‘n groot slaggat in die pad gemaak wat nie maklik sigbaar is nie. Inwoners meen dat dit juis ‘n groot gevaar vir motoriste in die aande is.

Foto’s: Cornelia Hitge

“Die water erodeer die grond onder die teer weg. As ek uit my hek ry draai ek eerder links om die gat te vermy. Dit is baie gevaarlik veral ook vir kinders en troeteldiere,” het Ingrid Jooste, een van die inwoners wat naby die gat bly, genoem.
“Daar was ook al ‘n boom in die gat geplant, as ‘n waarskuwing vir motoriste, maar die boom is weer later verwyder. Ons wag nog vir die munisipaliteit om dit te kom regmaak,” noem Jooste verder.
Die JB Marks Munisipaliteit se woordvoerder, Jeanette Tshite, het verlede week terugvoer gegee dat die munisipaliteit tans besig is om slaggate binne sy jurisdiksie te herstel.
“Kampstraat is aan een van die aangestelde kontrakteurs geallokeer wat die slaggate moet herstel,” het sy genoem.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version