NewsNews

Doodsdreigement-saak na vier jaar weer hervat

Twee mans en ‘n vrou wat vier jaar gelede in hegtenis geneem is, het Woensdagoggend, 15 Junie vlugtig weer op klagte van afpersing en intimidasie in die landdroshof in Potchefstroom verskyn.

Twee mans en ‘n vrou wat vier jaar gelede in hegtenis geneem is, het Woensdagoggend, 15 Junie vlugtig weer op klagte van afpersing en intimidasie in die landdroshof in Potchefstroom verskyn.

Mev. Marilize Minné, mnr. Christo Jordaan en mnr. Ahmod Shiraz Sheik is vier jaar gelede, 4 Junie 2018 in hegtenis geneem nadat Sheik na bewering op 2 en 3 Junie 2018 ‘n man en sy gesin herhaaldelik telefonies met die dood gedreig het.

Die saak is nou, vier jaar later, weer hervat. Dit is destyds tydelik van die rol afgehaal sodat die polisie ‘n verslag van onder meer ‘n handskrifkenner kon kry.

Die saak is vir eers tot Maandag, 18 Julie 2022 uitgestel aangesien Sheik om regshulp aansoek doen. Jordaan en Minné gebruik hulle eie persoonlike prokureurs in die saak.
Volgens die man wat gedreig is, het Sheik destyds, 2 Junie 2018 herhaaldelik gedreig om sy vrou en kleindogter te verkrag en te vermoor. Hy het ook geweet watter voertuie op die man se erf staan.

“Hy het aanhoudend gebel, selfs terwyl ek by die polisiestasie was. Hy het beskrywings van my huis en voertuie gegee. Hy het gedreig om bomme te gebruik om die huis op te blaas,” het die man in 2018 aan die Herald vertel.

Die man het na die polisie gegaan waarna daar ‘n polisie-optrede Maandag, 4 Junie 2018 gehou is. Hy het gereël om Sheik te ontmoet en geld te gee sodat die dreigemente moet ophou. Die man en die polisie het toe saamgewerk om Sheik vas te trek en in hegtenis te neem.

Sheik het glo aan die ondersoekbeampte, konst. Jane Caiya bevestig dat Minné en Jordaan hom aangesê het om die man te dreig. Minné is kort na Sheik se inhegtenisname ook in hegtenis geneem, waarna sy glo tydens haar inhegtenisname genoem het dat sy niks van die voorval weet nie. Jordaan is ook later op dieselfde dag by die polisiestasie in hegtenis geneem.

Minné is 13 Junie 2018 borgtog geweier, maar het 5 Julie 2018 in haar appél teen die beslissings geslaag.
Sy is toe op borgtog van R10 000 vrygelaat met die voorwaarde dat sy nie met enige van die staatsgetuienis inmeng nie. Jordaan is 13 Junie 2018 op ‘n waarskuwing vrygelaat, terwyl Sheik borgtog geweier is, maar dit blyk dat borgtog later ook aan hom toegestaan is.

Marilize Minné en Christo Jordaan het Woensdag, 15 Junie vir die eerste keer in vier jaar op klagte van afpersing en intimidasie in die hof verskyn. Foto: Facebook

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button