NewsNews

Man dood na botsing op die R53

‘n Man is dood en ‘n vrou beseer toe 'n bakkie en 'n klein bussie op die R53 buite Potchefstroom gistermiddag (Maandag, 11 April) teen mekaar gebots het.

‘n Man is dood en ‘n vrou beseer toe ‘n bakkie en ‘n klein bussie op die R53 buite Potchefstroom gistermiddag (Maandag, 11 April) teen mekaar gebots het.

ER24 en ander mediese dienste het om 15:40 op die toneel gearriveer. Die bakkie se bestuurder en die vroulike passasier van die bussie het op die toneel rondgeloop terwyl ‘n man in die bussie se bestuurdersitplek gelê het.

Medici het die pasiënte geassesseer en gevind dat die bussiebestuurder, ‘n man in sy 60’s, in ‘n kritieke toestand was terwyl die passasier, ‘n vrou in haar 50’s, ligte beserings opgedoen het. Volgens ER 24 het paramedici die man van die voertuig bevry, hom behandel en hom van gevorderde lewensondersteunende intervensies voorsien.

Kort daarna het die man se lewenstekens vinnig afgeneem. Ten spyte van alle intervensies is die man op die toneel oorlede.

Die vrou (passasier in die klein bussie) is vir haar beserings behandel en daarna na Potchefstroom Hospitaal vervoer vir verdere sorg.

Die bestuurder van die bakkie het beserings vrygespring.

Plaaslike owerhede was op die toneel om verdere ondersoek in te stel.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button