Kantore ontruim oor betoging

Daar is vanoggend protesaksie by verskeie munisipale kantore van Potchefstroom geloots. 

Daar is vanoggend protesaksie naby die N12 brug by die ingang van Potchefstroom geloods. Sover blyk dit na munisipale beamptes wat op 24 Maart ook deur die dorp betoog het. Volgens Chris Hattingh, DA raadslid, is die munisipale kantore, lisensiekantore asook die infrastruktuur kantore ontruim is weens die betogings. Na wat verneem word is die beamptes ongelukkig omdat hulle nog nie terugvoer van die munisipaliteit rakende hulle besware ontvang het nie. Die munisipaliteit het vroeër aan die Herald gesê, dat die protesaksie van 24 Maart volgens hulle nie wettig was nie. Volgens ‘n verklaring van die waarnemende munisipale bestuurder, sou beamptes wat nie kom werk het op 24 Maart se optrede as wangedrag gesien word. Hierdie is ‘n ontwikkelende storie, soos meer besonderhede beskikbaar is sal dit gepubliseer word.

Exit mobile version