NewsNews

Voorval van Bek-en-klouseer-siekte plaas beeste in Potch onder kwarantyn

Die uitbreking van bek-en-klouseer is blykbaar weens die moontlik onwettige verskuiwing van beeste uit geaffekteerde gebiede.

‘n Geval van Bek-en-klouseer is op kommersiële stoetplase in die Potchefstroom-omgewing die afgelope week aangemeld.

Die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling het in ‘n persverklaring vandeesweek (20 Maart) genoem dat provinsiale veeartsenydienste epidemiologiese ondersoeke geloods het na aanleiding van positiewe laboratoriumresultate.

Die uitbreking van bek-en-klouseer is blykbaar weens die moontlik onwettige verskuiwing van beeste uit geaffekteerde gebiede.

Die plaas waar die voorval plaasgevind het is ver buite die normale beheerde gebied. Sodoende is die verwante plase onder kwarantyn geplaas terwyl verdere toesig in die gebied gedoen word om die omvang van die uitbraak te bepaal.

Bek-en-klouseer kan groot negatiewe gevolge vir die vee en veehandelbedryf inhou indien dit nie vinnig hanteer word nie.

Die Nasionale Dieregesondheidsforum het met groot kommer kennis geneem van die uitbreking van bek-en-klouseer en noem dat dit vinnig opgelos kan word indien dit gelokaliseer bly.

Dit wil tog voorkom of die uitbreking in die Potchefstroom-omgewing gelokaliseer is en as dit op die regte manier hanteer word, sal dit vinnig opgelos kan word.

”Die nasionale departement van landbou sal ’n leidende rol in dié verband moet speel, terwyl die nasionale en provinsiale dieregesondheidsforum sy volle ondersteuning sal verleen,” noem die Nasionale Dieregesondheidsforum in hulle verklaring.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button