Amira gaan speelpark as deel 18de verjaarsdagvieringe open

Aan die einde van Februarie het hierdie matrikulant van Potchefstroom Gimnasium ‘n speelpark by Keotshipile-skool in Ikageng en in Maart ook ‘n speelpark by Bokamoso-skool geopen.

Die talentvolle sopraan, Amira Willighagen, vier op 27 Maart haar 18de verjaarsdag op ‘n baie besonderse manier. Nie net gaan sy nog ‘n speelpark open as deel van haar Gelukskinders-stigting nie, maar haar stroomkonsert, On My Own sal ook aanlyn vrygestel word.

Amira gaan die derde speelpark vanjaar op Donderdag, 24 Maart in Sonderwater by Morswedi Wa Both Kres as deel van haar verjaarsdagvieringe open.

Aan die einde van Februarie het hierdie matrikulant van Potchefstroom Gimnasium ‘n speelpark by Keotshipile-skool in Ikageng en in Maart ook ‘n speelpark by Bokamoso-skool geopen.

Weens Covid-19 was dit moeilik om speelparke oop te maak, maar in daardie tyd van inperking is fondse ingesamel danksy ruim skenkings vir die Gelukskinders-stigting.

Amira Willighagen.

Die glimlagte op die kinders se gesigte wanneer hulle die nuwe klimraam en mallemeule sien, is iets wat beslis elke hart bly maak en net nog ‘n manier vir Amira om terug te gee vir diegene wat minderbevoorreg is.

Daar is reeds ‘n hele paar interessante projekte in die pyplyn en 2022 beloof om ‘n jaar te wees wat Amira met haar pragtige sangstem en passie ‘n groot verskil vir liefdadigheid gaan maak.

Kaartjies vir Amira se stroomkonsert saam met Richard Cock en die Phoenix Orchestra kan op www.optog.co.za gekoop word.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version