NewsNews

Vermiste man veilig terug by familie

Na 'n soektog van twee dae is hy in Randburg opgespoor

Donavon Moos (21) van Promosa (Aksiepark) is veilig terug by sy familie nadat hy in Randburg gisteraand (Saterdag, 19 Maart) gevind is. Moos het klaarblyklik Johannesburg toe geloop en was sedert Donderdag, 17 Maart vermis.

Na ‘n soektog van twee dae is hy in Randburg opgespoor en na die naaste polisiestasie geneem. Hy is toe vroeg vanoggend (Sondag, 20 Maart) terug by sy familie in Promosa.

Die familie bedank almal wat met die soektog gehelp het.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button