Worshond opgehang

Die hond was alreeds dood toe hy opgehang is en is blykbaar eers deur die man in 'n asblik gevind.

‘n Worshond is op Sondag, 6 Maart aan ‘n staalstruktuur op die N12 in die oopte opgehang.

Volgens die SAPD, Mooirivier Beskerming en Potchefstroom Animal Welfare Society (PAWS) wat op die toneel was, het ‘n geestes versteurde man die hond opgehang. Die hond was alreeds dood toe hy opgehang is en is blykbaar eers deur die man in ‘n asblik gevind.

Michelle Swart van PAWS verduidelik dat hulle ‘n oproep omstreeks 10:20 oor die klagte ontvang het.

“Toe ek daar aankom saam met die polisie was die hond reeds dood. Die hond was blykbaar dood voordat hy gehang is. Ek het die hond teruggebring PAWS toe en gekyk vir ‘n mikroskyfie, maar niks gevind nie. Die polisie weet wie die man is en dat hy onstabiel is. Dit is onbekend hoekom hy dit gedoen het,” noem sy.

Herman van der Sluis, bestuurder van PAWS, het bevestig dat hulle die saak verder gaan neem, aangesien die hond in ‘n asblik weggegooi was. 

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version