Mooirivier sit ‘n glimlag op PAWS se gesigte met uitreik

Die skenking sluit in 436 kg hondekos, 126 kg katkos, 82 blikkies kos vir honde, 38 blikkies kos vir katte, sowel as talle skoonmaakmiddels en komberse.

Laerskool Mooirivier het as deel van hulle uitreikprojek vir die kwartaal, allerhande benodigthede vir Potchefstroom Animal Welfare Society op Donderdag, 3 Maart geskenk.

Dit sluit in 436 kg hondekos, 126 kg katkos, 82 blikkies kos vir honde, 38 blikkies kos vir katte, sowel as talle skoonmaakmiddels en komberse.

Mooirivier se hoofleiers kon ook op die dag ‘n vinnige toer van PAWS kry om meer ingelig te word oor die belangrike werk wat PAWS doen in verband met die diere op ‘n daaglikse basis.

  

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version