NewsNews

Gewapende rowers slaan toe oor etenstyd

Twee gewapende rooftogte ongeveer een en ‘n halwe ure uitmekaar het op Dinsdag, 22 Februarie oor etenstyd plaasgevind. Die eerste rooftog het in Pezcodstraat in Vanderhoffpark plaasgevind toe vyf gewapende mans toegang tot die huis verkry het, waarna hulle die huishulp en ‘n 75-jarige man wat in die huis was, vasgebind het. Die man is …

Twee gewapende rooftogte ongeveer een en ‘n halwe ure uitmekaar het op Dinsdag, 22 Februarie oor etenstyd plaasgevind.

Die eerste rooftog het in Pezcodstraat in Vanderhoffpark plaasgevind toe vyf gewapende mans toegang tot die huis verkry het, waarna hulle die huishulp en ‘n 75-jarige man wat in die huis was, vasgebind het. Die man is oor die kop met ‘n rewolwer geslaan.

Die man se geweer, geld en twee skootrekenaars is tydens die roof gesteel. Ongeveer 14:00 het daar ook ‘n gewapende roof in Bremnerstraat in Bailliepark plaasgevind toe vyf verdagtes die huis betree het.

‘n Dame in haar dertigs, sowel as die huishulp en tuinwerker is vasgebind. Verskeie elektronika, juwele en die dame se handsak is tydens die rooftog gesteel.

ER24 en Mooirivier Beskerming was ook op die toneel om bystand te bied.

Sers. Amoglelang Malwetse, Noordwes polisiewoordvoerder het altwee voorvalle bevestig.

“Ondersoeke duur steeds voort en geen arrestasies is tot dusver gemaak nie,” het Sers. Malwetse gesê.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button