NewsNews

VIDEO: Gimmies se nuwe hoof word met rooi tapyt op Valentynsdag verwelkom

Mnr Willie van der Merwe is vandag aan die skool voorgestel en het sy eerste Gimmie-baadjie ook ontvang tydens hierdie verwelkoming wat leerders, onderwysers en die beheerliggaam bygewoon het. 

Potchefstroom Gimnasium het op Valentynsdag (Maandag, 14 Februarie) hulle nuwe hoof, mnr. Willie van der Merwe, behoorlik laat tuis voel met ‘n pragtige seremonie op die Gimmies Oval.

Van der Merwe is vandag aan die skool voorgestel en het sy eerste Gimmie-baadjie ook ontvang tydens hierdie verwelkoming wat leerders, onderwysers en die beheerliggaam bygewoon het.

Gimmies het behoorlik uitgehaal en gewys dat hulle vir Van der Merwe (voorheen adjunkhoof by Hoërskool Nelspruit) met ope arms verwelkom. Hy is in ‘n luukse Ferrari-sportmotor vervoer waarna hy toe op ‘n rooi tapyt na sy sitplek geneem is.

Kyk die video hier: (Video – Wouter Pienaar)

Van der Merwe het ook ‘n groot glimlag op sy gesig gehad toe hy in sy toespraak noem hoe opgewonde hy is om deel van die Gimmie-familie te wees.

“Baie dankie vir elke onderwyser, ouer en leerder wat ons alreeds tuis laat voel het. God het my pad hierheen gelei en ons het gehoor gegee. Gimmies is ‘n puik skool met leerders wat suiwer harte het. Mense hanteer mekaar met wedersydse respek en is waardegedrewe,” het Van der Merwe genoem.

Foto’s: Wouter Pienaar  

   

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button