Baillie Park VLU kies nuwe bestuur

Die tak nooi graag dames van Potchefstroom en die omliggende gebiede uit om by hulle aan te sluit.

Die Baillie Park-tak van die Vroue Landbou Unie (VLU) het die jaar op ‘n vars noot begin met die verkiesing van nuwe bestuurslede vir die jaar.

Mev. Hettie van Huyssteen het by die vergadering ‘n knopie vir 54 jaar diens by die VLU en `n ere-penning vir haar jarelange, volgehoue betrokkenheid by die VLU sedert 2015, ontvang. Sy het haar ere-penning uit sy omhulsel gehaal, geraam en die lede van die Baillie Park-tak aangespoor om aan die aktiwiteite van die VLU deel te neem.

Die nuwe bestuur vir VLU Baillie Park is voor: Sarie Botma (sekretaresse), Marie van Deventer (erelid), Elize Schutte (voorsitter), Cecelia Nel (ondervoorsitter) en Florissa Beukes (tesourier). Agter: Driena Fourie (skakelbeampte), Leonie Wright, Elna van Dyk, Martie Langenhoven, Phia Engelbrecht, Corli Swart en Riekie Gildenhuys. Foto’s: Verskaf

“Sy het ons ook ongelooflik trots gemaak met haar eerste plek by die 2021 VLU kongres in Pretoria vir haar “hard danger borduurwerk” met `n pragtige prestasie van 88 persent,” noem Driena Fourie, skakelbeampte van die Baillie Park VLU.

Die tak nooi graag dames van Potchefstroom en die omliggende gebiede uit om by hulle aan te sluit.

Hulle is ook op Facebook betrokke. Vir meer inligting kan Driena by 082 924 3577 gekontak word.  

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version