NewsNews

Kameraprojek bevorder veiligheid in Potch Sentraal

Die vinnige opstelling van die projek is moontlik gemaak deur ‘n passievolle span mense wat as bestuurspan van PotchSID dien, naamlik Henrico Heystek, Flip van Schalkwyk, Jannie Brink, Carolien Gibb en Beatrix Swanepoel.

‘n Kameraprojek vir die misdaadgeteisterde sentrale gedeelte van Potchefstroom is een van die oplossings om hierdie besige area te beveilig.

Die Potchefstroom Sentraal Inwonersdistrik (PSID) is ‘n niewinsgewende organisasie wat met die Potchefstroom Sentraal kameraprojek in samewerking met Mooirivier Beskerming, die area wil veilig maak vir almal wat daar woon, besighede het en sake doen.

Talle besighede en huiseienaars het die afgelope paar jaar onder misdaad gebuk gegaan en ‘n plan van aksie is verlede jaar van stapel gestuur.

Fase 1 en 2 van die projek

“Daar was ‘n behoefte uit die gemeenskap vir so ‘n projek, want die misdaad het geweldig begin toeneem. ‘n Vergadering is gereël waar die mense vanuit Mareestraat en direkte omgewing toe kon insette lewer oor die beveiliging van die omgewing.

“Die kameraprojek, gebaseer op die Bult CID, asook Oewersig en Heilige akker se kameraprojekte is toe voorgestel. Met ‘n opvolgvergadering het mense vanuit omliggende straatblokke ook belangstelling getoon, en daar is besluit om die projek se “footprint” te vergroot,” vertel Carolien Gibb, een van die lede van die PSID.

Fase-1
Fase-2

Volgens Gibb was Mooirivier Beskerming se bystand een van die groot redes waarom die projek geloods kon word.

“Nie net het Mooirivier Beskerming goeie advies gegee oor waar kameras geplaas moet word nie, maar ook ‘n paar kamerastasies geborg vir die afskop van die projek. “As dit nie vir Christiaan Haefele en sy span was nie, sou die projek heel moontlik nie ‘n realiteit geword het nie,” noem sy.

Die eerste kameras was opgestel in minder as ‘n jaar sedert die eerste vergadering plaasgevind het. Die groot belangstelling en inkoop vanuit die gemeenskap het tot dusver ook ‘n groot rol gespeel in die groei van die projek.

Die vinnige opstelling van die projek is moontlik gemaak deur ‘n passievolle span mense wat as bestuurspan van PotchSID dien, naamlik Henrico Heystek, Flip van Schalkwyk, Jannie Brink, Carolien Gibb en Beatrix Swanepoel.

Inwoners en besighede betaal ‘n inkoopprys (R2 500) om betrokke te raak en betaal dan ‘n maandelikse fooi vir hierdie sekuriteitsdiens wat 24/7 kringtelevisiebeeld en monitering, sowel as misdaadsyfers en bykomende inligting insluit.

Die Potchefstroom Sentraal Inwoners Distrikspan is van links na regs: Flip van Schalkwyk, Roland Bekker (Mooirivier Beskerming verteenwoordiger), Henrico Heystek, Carolien Gibb en Jannie Brink. Foto: Verskaf

Die projek is in verskeie fases geïmplementeer: Fase 1: Afskop van die projek in die sentrale area van Spruit en Mareestrate, waar die meeste nood en belangstelling is.

Fase 2: Uitbreiding na Retiefstraat waar die besighede belangstelling toon en kamerastasies borg.

Fase 3: Uitbrei na ander areas soos James Moroka-laan.

Vir meer inligting en om betrokke te raak, kontak Carolien Gibb by 076 519 7667.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button