Departement van waterwese ondersoek Potch rioolkrisis

Volgens die Vryheidsfront Plus in die J.B. Marks munisipaliteit is daar na konstante en aktiewe druk van raadslede, vordering met die voortslepende rioolkwessie.

Die rioolprobleme wat Potchefstromers in veral die Suiddorp en Miederpark reeds vir meer as twee jaar teister, bevat nie ‘n korttermyn oplossing nie.

Inwoners het sedert Januarie se hewige reënval wat in Potchefstroom neergesak het, tydelike oplossings probeer vind om die rioolkrisis te verlig.

Dit sluit in om water uit eie onkoste uit te pomp net sodat hulle erwe nie met riool oorloop nie. Die munisipaliteit het ook al honey suckers (trokke wat die riool uitpomp) gestuur om die druk in die rioolsisteem te verlaag.

Dit blyk om net ‘n pleister op die rioolwond te plaas terwyl ‘n groter daadwerklike operasie sal moet plaasvind. Volgens die Vryheidsfront Plus in die J.B. Marks munisipaliteit is daar na konstante en aktiewe druk van raadslede, vordering met die voortslepende rioolkwessie.

“Die nasionale departement van water en sanitasie het aan die VF Plus in die J.B. Marks munisipaliteit bevestig dat daar reeds ondersoek ingestel word. Me. Jeanette Nyama, omgewingsbeampte van die departement, het ook die versekering gegee dat die rioolsituasie in Potchefstroom noukeurig gemonitor word. Sy het verder onderneem om gereeld terugvoer oor vordering met die ondersoek aan die VF Plus te gee,” het die party in ‘n verklaring bevestig.

Volgens VF Plus raadslede Everhard Laing (wyk 2) en Ian de Villiers, is die rioolkrisis iets wat op langtermynvlak met opgradering aan infrastruktuur opgelos moet word. Vir jare word daar korttermynoplossings gebied sonder dat probleme werklik opgelos word.

Vir dit om te gebeur moet daar begroot word en infrastruktuur as prioriteit gestel word. Laing verwys ook na inwoners wat tans pype uit hulle erwe na die straat herlei om die druk in die rioolsisteem te verminder. Die nagevolg is dat die riool dan ook in die Mooirivier beland en verder ekologiese skade kan berokken.

“Op hierdie stadium het die inwoners nie ‘n keuse nie, aangesien hulle toilette geblok word. Hulle betaal dan self om rioolwater uit te pomp. “Hierdie krisis is die resultaat van jare se swak beplanning rondom die instandhouding van die rioolsisteem in die stad,” noem Laing.

Verdere kwessies van die rioolwater is dat dit in die omliggende strate afloop waar leerders van Potchefstroom Primary skool toe stap.

“Mense word siek van die riool en dit skep gesondheidsprobleme,” noem De Villiers.

Riool op die hoek van Potchefstroom Primary (Beyers Naudelaan) en Paulstraat

Die VF Plus sal ook daarop aandring dat die voorgeskrewe direktiewe met regstellende stappe onmiddellik na afhandeling van die ondersoek aan die J.B. Marks munisipaliteit uitgereik word.

Die VF Plus het intussen reëlings met die munisipaliteit getref om op die korttermyn die riool te verwyder en tydelike herstelwerk te doen om inwoners se nood te verlig.

* Die Herald het die munisipaliteit vir kommentaar genader maar het teen druktyd geen reaksie ontvang nie.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version