Gimmies se staatmaker tweeling behaal albei 8 onderskeidings

Potchefstroom Gimnasium se tweeling hoofseun en hoofdogter van 2021, Michael en Jacqueline van Rooyen spog albei met agt onderskeidings elk.

Potchefstroom Gimnasium se tweeling hoofseun en hoofdogter van 2021, Michael en Jacqueline van Rooyen spog albei met agt onderskeidings elk.

 

Michael en Jacqueline van Rooyen het albei 8 onderskeidings behaal. Foto: Wouter Pienaar

 

Hierdie twee slimkoppe was die ene glimlag nadat hulle hul uitslae op Vrydag, 21 Januarie by die skool ontvang het.

 

Hierdie tweeling het in 2020 geskiedenis gemaak toe hulle die eerste tweeling in Gimmies se geskiedenis van gemengde geslag is, om as hoofseun en hoofdogter benoem te word.

 

Hulle het in hulle matriekjaar nie net akademies presteer nie, maar moes vanjaar in leiersposisies ook aandag aan vele take skenk en het boonop ook op sportgebied uitgeblink.

 

Michael is as die Gimmie leerder vir 2021, sowel as die senior sportseun van die jaar aangewys, terwyl Jacqueline as eerstespan netbalkaptein haar span na die SA Skolenetbal-titel gelei het.

 

Jacqueline van Rooyen lig die SA Skole o.19 netbaltrofee saam haar spanmaats.

 

Michael van Rooyen

 

Michael gaan Aktuariële Wetenskap by Maties in Stellenbosch studeer en Jacqueline gaan Fisioterapie by die Universiteit van Pretoria (Tukkies) studeer. Albei sien baie uit na hulle eerste jaar op universiteit vanjaar. 

 

As ‘n mens na hierdie tweeling se prestasies tot op datum in hulle lewe kyk, is die kanse goed dat hulle ‘n definitiewe blink toekoms het wat voor hul lê.

 

Michael en Jacqueline van Rooyen is Gimmies se eerste boetie en sussie-tweeling wat as hoofseun en hoofdogter aangewys is. Foto: Wouter Pienaar

 

“Ek is baie bly en opgewonde. Ek het hard gewerk deur die jaar, maar nogal gestres oor my fisiese wetenskap en wiskundepunte. Ek is bly ek kon al die onderskeidings behaal,” het Jacqueline genoem.

 

In totaal behaal Potchefstroom Gimnasium se matrieks 275 onderskeidings en ‘n graadgemiddeld van 69.3 persent.

 

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version