NewsNews

Met nuutste inperking in Sjina is vrou in blinde afpraak se huis vas

Tydens die ete by die man se huis is die area waar hy woon onder kwarentyn geplaas.

Huffington Post berig oor ‘n vrou in Zhenzhou wat verlede week onverwags by haar blinde afspraak se huis vasgevang was nadat ‘n skielike inperking weens Covid gevalle ingestel is.

Die vrou wie slegs as Wang identifiseer is, het op WeChat ‘n video gedeel waarin sy haar storie vertel.

Sy was saam met ‘n man uit waarna hy vir haar sy kook vernuf wou wys. Tydens die ete by die man se huis is die area waar hy woon onder kwarentyn geplaas. Teen Sondag (8 Januarie) het sy reeds vier dae by die man gebly.

“Omdat ons mekaar nie eintlik ken nie, is dit nie vir my gemaklik om hier te woon nie. Ek kry eintlik skaam. Hy praat nie baie nie, maar anders as dit, is alles goed. Die kos wat hy maak is maar middelmatig, maar darem is hy nog bereid om te kook,” het sy op een van haar videos gesê.

Sjina het ‘n zero Covid beleid, wat beteken dat vinnige inperkings in areas waar die virus verskyn opgelê word.

Dit is nog onduidelik of Wang steeds in die langste en vreemste eerste afspraak vasgevang is omdat sy intussen die plasings daaroor van sosiale media verwyder het.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button