Natuurredder moes vir 20 uur lank aan boom in Vaalrivier vasklou

Hy moes vir ongeveer 20 uur vir lewe of dood aan 'n boom in die middel van die Vaalrivier vasklou.

VEREENIGING. – “As ek gelos het sou ek in die sterk stroom beland het en dan sou ek dit dalk nie gemaak het nie,” vertel Dirk Engelbrecht van die organisasie Wild Serve wat Dinsdag 4 Januarie gered is nadat hy deur ‘n sterk stroom meegesluur is en in ‘n boom in die middel van die Vaalrivier vasgesit het.

Kyk die volledige onderhoud met Dirk hier:

Dirk het vroeër die week in die moeilikheid beland toe hy en mede-natuurbewaarders voëls in die Vaalrivier wou red van stygende watervlakke.

Die departement van water en sanitasie het onlangs sluise by die Vaaldam oopgetrek omdat die dam meer as 100% vol is. Die situasie bedreig die kuikens en eiers van voëls wat neste langs die rivier gemaak het.

Dirk sê daar was net genoeg trapplek op die boom vir sy een voet en dat hy elke kort-kort die been waarop sy liggaamsgewig gerus het moes ruil.

Dirk sê hy het teen die oggend moeg geraak en ongeveer 40 keer amper aan die slaap geval.

Hy is Dinsdagoggend deur lede van die Nasionale Seereddingsinstituut van Suid-Afrika (NSRI) gered.

Natuurbewaarder Dirk Engelbrecht was glo besig om voëls aan die oewer van die Vaalrivier te probeer red toe hy vermis geraak het. Foto: Verskaf
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version