CommunityNewsNewsPhoto Galleries

Lisensie-afdeling eersdaags in volle werking

Die lisensie-afdeling van die J.B. Marks munisipaliteit is eersdaags weer in volle werking nadat al die masjiene wat nodig is vir die uitreik van leerling en bestuurderslisensies weer herstel is.

Die lisensie-afdeling van die J.B. Marks munisipaliteit is eersdaags weer in volle werking nadat al die masjiene wat nodig is vir die uitreik van leerling en bestuurderslisensies weer herstel is. Hierdie masjiene was vir twee maande buite-werking.

Hierdie week van Dinsdag, 7 Desember tot Vrydag, 10 Desember word daar eers aandag aan die agterstand van al die publieke lisensie-aansoeke gegee. Herskanderings en afsprake vir mondelinge bestuurderslisensies is ook op die lys.

Volgens die mediaverklaring kan die agterstand by die lisensie-afdeling ook toegeskryf word aan die tekort aan personeel aangesien sommiges met opleiding is. Dié personeel sal weer almal Dinsdag 14 Desember terug wees op kantoor.

Die publiek kan volgende week vanaf Dinsdag, 14 Desember van 8:00 – 8:30 afsprake vir leerling- en bestuurderslisensies maak. Lisensiehernuwings en afpsrake vir publieke bestuurderslisensies kan van 8:00 – 12:00 gedoen word.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button