iDUC vat hande om verkragtingslagoffers by te staan

Die nie-winsgewende organisasie iDUC (Initiative for Dedicated Upliftment and Care), het Woensdag, 10 November amptelik ‘n eenheid, iDUC Safety Hub, by die CID-kantore op die Bult geopen in ‘n poging om meer sigbaar te wees en verkragtingslagoffers 24 uur by te staan.

Die nie-winsgewende organisasie iDUC (Initiative for Dedicated Upliftment and Care), het Woensdag, 10 November amptelik ‘n eenheid, iDUC Safety Hub, by die CID-kantore op die Bult geopen in ‘n poging om meer sigbaar te wees en verkragtingslagoffers 24 uur by te staan.

Dié eenheid is aan die bokant van die CID-kantore ingerig. Santi Britz, stiger van iDUC, het eienaars van kuierplekke – Oukraal, MVG, Texas en Impala – asook ER24, die polisie en Mooirivier Beskerming genader om almal saam te werk sodat hul dadelik hulp aan slagoffers kan verleen. Britz was self ‘n verkragtingslagoffer in 2009 en het daarna die nie-winsgewende organisasie gestig.

“Die toename in syfers van meisies wat verkrag word deurdat hul drankies ‘gespike’ word, is skokkend,” sê Britz, maar beklemtoon dat die eenheid nie net vir studentemeisies is nie en dat enige persoon wat verkrag is hier kan aanmeld.

Die iDUC Safety Hub is sentraal op die Bult naby die kuierplekke geleë. Santi sê dat personeel van Mooirivier Beskerming die eenheid 24 uur beman. Hulle is ook opgelei om met die slagoffers te werk. Wanneer ‘n slagoffer aanmeld, word ER24 en die polisie gekontak. Die polisie vergesel die slagoffer dadelik na die Rape Crisis Centre in Potchefstroom waarna daar ‘n verklaring geneem word. ‘n Gekwalifiseerde suster doen ook ‘n forensiese ondersoek. Om vinnig op te tree, het die betrokke kuierplekke ook afstandbeheertoestelle ontvang. “Hulle druk net die noodknoppie en Mooirivier Beskerming is dadelik daar om die slagoffer by te staan,” vertel Santi.

Gelukwensing vir die nuwe inisiatief om die veiligheid op te skerp het na die bekendstelling ingestroom. Bertus le Roux skryf op sy Facebookblad: “So trots op julle nuwe IDUC #SafetyHub op Cachetpark, waar julle saam met Mooirivier Beskerming, Cachet Park CID NPC Potchefstroom en ER24 EMS (Edms) Bpk wat jongmense in die omgewing op die Bult kan beskerm en versorg wanneer dit nodig is. So trots op hierdie inisiatief van jou, Santi Britz.”

• Lees hier meer oor iDUC en die aangrypende verhaal van die eendjie wat ook die simbool van die organisasie is: https://kydrin.co.za/orgs/40.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version