CommunityNewsNewsPhoto Galleries

Voormalige burgemeester weer te siek vir verhoor

Die hofsaak waarin Kgotso Khumalo, Cyril Henry en Mohau Shuping vir diefstal en bedrog aangekla word, is gister (8 November) vir ‘n tweede keer uitgestel omdat Khumalo glo te siek is om in die hof te verskyn.

Die hofsaak waarin Kgotso Khumalo, Cyril Henry en Mohau Shuping vir diefstal en bedrog aangekla word, is gister (8 November) vir ‘n tweede keer uitgestel. Dit nadat Khumalo glo te siek is om in die hof te verskyn. Hy het vroeër in Oktober op die tweede dag nadat die verhoor in die Ventersdorpse landdorshof begin het ook nie die hofverigtinge glo weens swak gesondheid bygewoon nie.

Volgens die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), Henry Mamothame, het sy regsverteenwoordiger ‘n mediese sertifikaat van Khumalo aan die hof oorhandig, maar sy regspan het nie aangedui wat hom makeer nie.

Khumalo, Henry en Shuping staan terreg op agt aanklagte van diefstal en bedrog van munisipale fondse van die JB Marks munisipaliteit. Hulle het op al die aanklagte onskuldig gepleit.

Die hofsaak is na 1 Desember uitgestel. Volgens Mamothame beoog die staat om meer getuies te roep om te bewys dat fakture vervals is om fiktiewe betalings te maak in ‘n proses om geld van die JB Marks munisipaliteit te steel. Dié geld was oorspronklik vir gemeenskapsontwikkeling in die munisipaliteit geoormerk.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button